Pep not twee jaar by Man C

Manchester City se bestuurder, Pep Guardiola het ‘n tweejaar-kontrakverlenging onderteken wat beteken hy sal tot 2027 by die klub aanbly. Sy kontrak sou aan die einde van die seisoen verstryk. Die 53-jarige Spanjaard het in 2016 by Manchester City aangesluit en 18 trofeë ingepalm, insluitend ses Premierliga titels. Die kontrakverlenging volg na die nederlae teen Tottenham, Brighton, Sporting en Bournemouth. Guardiola sê sy fokus is om meer trofeë saam met City te verower: