Repokoers daling verwelkom met feestyd wat op hande is
Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, sê die rentekoersverlaging van 25 basispunte bied verligting vir verbruikers en bevorder besteding voor die feestyd. Volgens Van Zyl is dit ten spyte van die verlaging ʼn verspeelde geleentheid vir groter ekonomiese momentum. Hy meen ʼn verlaging van 50 basispunte sou groter impak gehad het. Van Zyl verwag verdere verlagings in Januarie en Maart, wat die besteebare inkomste sal verhoog. Hy glo daar is moontlik ʼn verbetering in sakevertroue, beleggersentiment en kredietvooruitsigte te midde van tekens van ekonomiese herstel.