Sal China se vraag na olie verder, en vir ewig, afneem?
China se petrolverbruik het die afgelope maande afgeneem as gevolg van stygende verkope van elektriese voertuie, stadiger ekonomiese groei en demografiese verskuiwings. In Augustus vanjaar het die gemiddelde verbruik tot 3,2 miljoen vate per dag gedaal, ‘n afname van 14 persent vergeleke met Augustus 2023. Hierdie afwaartse neiging het in September en Oktober voortgeduur. Die gebruik van elektriese voertuie is besig om te versnel, met hibried- en battery-elektriese voertuie wat meer as die helfte van passasiersvoertuieverkope in Oktober 2024 uitgemaak het, teenoor 40 persent ‘n jaar tevore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, wat kommentaar lewer.
Klopper voeg by dit is goeie nuus vir globale inflasie.