Dâures sê oor sy geldsake, na hy N$232m reeds bestee het
Plaaslike media berig dat die Dâures groenwaterstof-projek die Duitse regering vir meer fondse vra, nadat hy reeds 232 miljoen Namibiese dollar bestee het om die groenwaterstof-dorpie op te rig. Na bewering oorweeg die Duitse regering om sy steun aan die projek te beëindig, wat dit moontlik sal dwing om finansiering by die Namibiese regering te soek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die bestuurder van eksterne sake en kommunikasie by die Namibië Groenwaterstofprogram, wat sê die span werk daaraan om meer fondse te kry.