Drie Etosha ‘stropers’ geïdentifiseer

Die drie vermeende stropers wat op 16 November in Etosha dood is in ‘n skietgeveg met NamPol se teenstropery-eenheid, is geïdentifiseer. Hulle was Elifas Kapembe, 24, Nicky Andreas, 33 en Immanuel Petrus, 23. Almal is Namibiese burgers. Hulle is dood na die teenstropery eenheid hulle gespoor het in die park. Hulle is deurnag agtervolg en Saterdagoggend gevind. Hulle het eerste op die polisie geskiet. Drie gewere is by hulle gekry, een met ‘n knaldemper. NamPol sê sy ondersoek na die drie duur voort.