‘Magic mushrooms’ nog nie veilig vir depressie-behandeling
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê die psigedeliese dwelm, psilosibien of “magic mushrooms”, lyk belowend as nuwe behandeling vir geestesgesondheidtoestande soos erge depressie, middelmisbruik en posttraumatiese stresversteuring. Die vereniging waarsku egter dit beteken nie dis sonder risiko’s nie. Woordvoerder Bavi Vythilingum sê beroepslui in die bedryf het meer tyd nodig om vas te stel hoe om psilosibien as veilige behandelingsmetode te gebruik.