Lasbriewe uitgereik vir Bibi, Gallant en Hamas-leier

Die Internasionale Strafhof het lasbriewe uitgereik vir die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, die voormalige Israeliese minister van verdediging Yoav Gallant, en die Hamas-leier Al-Masri. Die hof sê daar is redelike gronde dat hulle kriminele verantwoordelikheid dra vir beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die oorlog tussen Israel en Hamas. Dit sal nou afhang van die strafhof se 124 lidlande, wat nie Israel of sy bondgenoot Amerika insluit nie, om te besluit of die lasbriewe afgedwing gaan word of nie. Sky News se Danyal Khan het die eerste verslag gelewer.