Kenners verwelkom nuwe SA geskiedenisleerplan

Kenners verwelkom veranderinge aan Suid-Afrika se geskiedenisleerplan, met ondermeer voorkoloniale geskiedenis vir graad 10 tot 12 wat bygevoeg word. Die doel is om weg te beweeg van ʼn Eurosentriese oogpunt en meer op Afrika-geskiedenis te fokus. News 24 berig geskiedkundiges glo dis belangrik om die stem van inheemse mense soos die San, Khoi en Xhosa, asook die gevolge van kolonialisme en apartheid in te sluit. Die veranderinge het ten doel om studente te help om krities te dink, hulle erfenis te verstaan en ingeligte wêreldburgers te word.