Geweld na Mos-verkiesing bekommer SAOG
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het kommer uitgespreek oor die geweld ná Mosambiek se verkiesing. Betogings het verlede maand in die hoofstad, Maputo, uitgebreek nadat Daniel Chapo amptelik as wenner verklaar is. Opposisie-leier Venâncio Mondlane skuil reeds vóór die uitslag aangekondig is omdat hy vir sy lewe vrees. Sy assistent en prokureur is vermoor terwyl hulle gereed gemaak het om die verkiesingsuitslag uit te daag. ʼn SAOG-woordvoerder, Elias Magosi, sê hulle sal saam met Mosambiek werk om vrede en sekerheid te bewerkstellig: