Mia sê oor ontrekking uit Mej. Heelal

Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het die sluier gelig oor haar onttrekking aan die 73ste Mej. Heelal-kompetisie in Mexiko. Sy sê sy ly aan erge vertigo. Dis ‘n sensasie van in die rondte spin terwyl dit glad nie gebeur nie. Die 28-jarige het verlede Donderdag tydens die voorlopige kompetisie onttrek oor gesondheidsprobleme. In ‘n video wat sy op Instagram gedeel het, sê Le Roux terwyl sy geestelik sterk genoeg was om mee te ding, was haar liggaam gespanne: