Dooie man in Polo was bekende rower, uit op borg in moordsaak

Die Namibiese polisie het die jongste in verband met ‘n lewelose liggaam van ‘n man wat Sondag in Polo-voertuig in Windhoek gevind is, bekend gemaak. Die oorledene was deel van ‘n groep van vyf rowers in ‘n wit Polo wat ‘n man in die vroeë oggendure van Sondag by hy huis probeer beroof het en erg aangerand het. Die mag sê die slagoffer het in sy verdediging gereageer deur sy gelisensieerde vuurwapen te gebruik en op die rowers te skiet. Die vyf het gevlug en daarna is die oorledene gevind. Die polisie beskryf die 32-jarige Matheus Nuuyoma as ‘n bekende gewapende rower en hy was uit op borg in ‘n hangende moordsaak.