SAOG-verkiesingswaarnemingsending van stapel gestuur
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se verkiesingswaarnemingsending na Namibië se presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesings is amptelik in Windhoek van stapel gestuur. Die sending word gelei deur Anne Semamba Makinda, ‘n voormalige speaker van die Tanzaniese parlement. Sy het in haar toespraak gesê alle SAOG-lidlande het personeel en hulpbronne tot die sending bygedra, en die personeel is gekies volgens die ontwikkelingsgemeenskap se kriteria. Die sending bestaan uit 65 waarnemers uit die 8 SAOG-lidlande, wat in al 14 streke ontplooi sal word.