DA vra belastingverligting vir kwesbare burgers
Die DA verwelkom die jongste inflasiesyfer wat in Oktober tot 2,8-persent gedaal het, en noem dit ‘n teken van ekonomiese bestendigheid. Die party sê egter talle lae-inkomste burgers sukkel steeds met hoë pryse. Die party versoek die Tesourie om geteikende belastingverligtings-maatreëls in te stel, insluitend die uitbreiding van die lys voedselitems wat van BTW vrygestel is. Wendy Alexander van die DA glo dit sal die finansiële las op kwesbare huishoudings verlig, armoede verminder en gesinne help om koste meer doeltreffend te bestuur.