Weerstand teen antibiotika is reuse-bedreiging

Dit is Antibiotiese Bewusmakingsweek, wat die belangrikheid van toepaslike antibiotika gebruik, en die bedreiging van antimikrobiese weerstand beklemtoon. Namibië is besig met aktiwiteite om beide gesondheidswerkers en die publiek op te voed oor die risiko’s van misbruik, met die doel om die doeltreffendheid van antibiotika vir toekomstige geslagte te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-gesondheidminister dr. Bernard Haufiku gesels, wat die gevare van antimikrobiese weerstand uitlig. Hy sê mense moet ook ophou aandring op antibiotika wanneer hulle siek is.