Amper-stamper ly vergkrygingspaneel honger

Die Ohangwena-streeksraad is gevang sleeping on the job, soos die Engelsman sê. Volgens die Tender Bulletin het die raad op 12 November ‘n informele tender vir middagete vir tien van sy Verkryging Bestuurseenheid lede vir 15 November uitgesit. Die tender het op 14 November gesluit. Die publikasie sê dit sou etlike ure na sluiting toegeken moes word vir die spysenierder om die etes voor te berei die volgende dag. Op die spyskaart? Rys, beetslaai, beesstowe en 600ml koeldranke. Dit is nie bekend hoe laat middagete opgedien is nie.