Waar’s Lumumba se tand?
Die mausoleum met die enkele oorblyfsel van die oorskot van die vurige held van die Demokratiese Republiek die Kongo, Patrice Lumumba, is beskadig. Al wat oorgebly het was ʼn tand van die anti-kolonialistiese ikoon en eerste premier nadat die land in 1960 onafhanklikheid van België verkry het. Die minister van Kultuur, Yolande Elebe, kon nie bevestig of die tand, ‘n aandenking, gesteel is nie. België het die tand in 2022 teruggegee en dit is begrawe tydens ‘n plegtige seremonie wat deur president Felix Tshisekedi bygewoon is.