NamPol sê nee vir optog omdat buitelanders deelneem

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het toestemming vir ‘n vreedsame optog op Menseregtedag op 10 Desember geweier. Die Ganja Users of Namibia en Rastafari United Front het toestemming gevra. In sy brief aan die twee groepe sê Shikongo dit is ‘n bedreiging vir die land se soewereiniteit, integriteit, sekuriteit, openbare orde en morele waardes omdat daar buitelanders vanaf Suid-Afrika en Europa spesiaal na die land reis om deel te neem.