Noordwes LUR sê onwettige myners is kriminele, punt

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Noordwes, Wessels Morweng, sê planne om onwettige mynwerkers in ‘n ongebruikte Stilfontein-myn te red, vereis behoorlike risikobepalings voor reddingspogings begin kan word. Hy het ‘n beroep gedoen vir samewerking om die terrein skoon te maak en masjinerie veilig te ontplooi. ‘n Interregeringspan en gemeenskapsleiers is besig om ‘n strategie te bepaal om die vier-weke-lange dooiepunt op te los, nadat die polisie die voedsel- en watertoevoer afgesny het. Morweng het weereens bevestig die regering het niemand ondergronds gestuur om by onwettige mynbou betrokke te raak nie: