Bos toe! Dis weer Junior Ranger tyd!
Die Junior Ranger Kamp 2024 van Intelligence Support Against Poaching, ISAP, bied jongmense van 13 tot 18 die kans om deel te neem aan ‘n avontuurlike agt-dae omgewings- en oorlewingsopleidingskursus in die veld. Verskeie modules sal gedek word, onder andere spoorsny, kompas- en kaartlees, asook diere-, voël- en slangidentifikasie. Die kamp sal van 7 tot 14 Desember duur. Fritz Kaufmann, ISAP se uitvoerende hoof, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels wat meer hoogtepunte uitlig.