Russiese balletdanser val vanaf 5de verdieping na hy pille drink

Een van die wêreld se voorste manlike balletdansers, Vladimir Shklyarov, is dood toe hy van die vyfde vloer van ʼn gebou in St. Petersburg geval het nadat hy pynstillers gebruik het. Die 39-jarige Shklyarov was ʼn hoofdanser by die toonaangewende Mariinsky-teater en was getroud met nog ʼn danser, Maria Shklyarova. Hulle het twee kinders. Sy dood word deur federale owerhede ondersoek. Tydens sy meer as 20 jaar by die geselskap het hy hoofrolle in verskeie produksies vertolk, ondermeer Giselle, Slapende Skoonheid, Swanemeer en Romeo en Juliet.