So lyk die jongste dambulletin… reën is dringend nodig

Waterbronne vir die sentrale gebied is tans op 11,2 persent met Swakoppoort wat 19,2 persent water het en Von Bach, 10,6 persent. Oordragte is gedoen, ook van Berg Aukas. Volgens die jongste dambulletin is die bronne vir die Ooste bedroef op 1,3 persent met Otjivero wat net 2 persent water het. Hardapdam in die Suide staan op 6,2 persent en net 56 000 kubieke meter is uit die dam onttrek in die afgelope week. Neckartal het 78,4 persent met net meer as 1,4 miljoen kubieke meter water wat uitgepomp is vir die boere onder die damwal. Naute by Keetmanshoop het 34,3 persent met Oanob by Rehoboth wat 33,4 persent vol is.