SA veg hard om servikale kanker te voorkom

Die gesondheid-departement sê hy is vol vertroue dat Suid-Afrika goeie vordering maak met pogings om servikale kanker te voorkom. Die land het een van die hoogste koerse van servikale kanker onder vroue met ‘n geskatte 13 800 nuwe gevalle elke jaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die regering het verskeie ingrypings ingestel om servikale kanker onder vroue te voorkom, insluitend die bekendstelling van die Menslike Papillomavirus-inentingsveldtog en die uitbreiding van toetsingsdienste.