Rowers breek by Windsor Castle-landgoed in, steel voertuie
Twee gemaskerde mans het verlede maand by Brittanje se koninklike Windsor Castle-landgoed ingebreek en twee voertuie uit ‘n skuur gesteel, het die koerant Sun Maandag berig. Koning Charles en sy vrou Camilla was nie in die landgoed ten tyde van die voorval nie, maar prins William en sy gesin was glo by Adelaide Cottage, deel van die Windsor Castle-landgoed. Die mans het ‘n gesteelde vragmotor gebruik om snags deur ‘n veiligheidshek te breek en toe ‘n ses voet heining afgeskaal, het die koerant gesê. Plaaslike polisie het gesê beamptes is ontbied na ‘n verslag van ‘n inbraak op Crown Estate-grond in Windsor, wes van Londen, net voor middernag op 13 Oktober. “Oortreders het ‘n plaasgebou binnegegaan en weggejaag met ‘n swart Izuzu-bakkie en ‘n rooi vierwielmotorfiets Hulle het toe weggetrek na die Old Windsor/Datchet-gebied,” het die Thames Valley-polisie in ‘n e-posverklaring gesê. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.