Kondig ramptoestand af oor spaza-kos, eis ActionSA

ActionSA in Gauteng se Jeugforum eis dat president Cyril Ramaphosa beslissend optree om die spazawinkelkrisis die hoof te bied. Mologadi Modiba van die forum sê in plaas van leë beloftes, moet hy ‘n ramptoestand afkondig en konkrete stappe doen om kinders en die plaaslike ekonomie te beskerm. Sy sê toe hy die land toegespreek het, het Ramaphosa buitelandse burgers vrygespreek van enige verantwoordelikheid na die dood van meer as 20 kinders, onder wie die ses Soweto-slagoffers wie se lewens kortgeknip is: