All Black-vleuel uitgeskakel, onsekerheid oor Jordie Barrett

Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel, Samipeni Finau, is nie beskikbaar vir Saterdag se kragmeting met Italië in Turyn nie nadat hy nie ʼn harsingskuddingtoets kon slaag nie. Hy het ‘n hou teen die kop gekry tydens hulle nederlaag van 30-29-nederlaag teen Frankryk, en Peter Lakai het hom vervang. Dit is onseker of Jordie Barrett sal kan speel nadat hy voor rustyd met ʼn kniebesering van die veld is. Sam Cane is gereed nadat hy van ʼn kopbesering herstel het wat hy in die sege oor Ierland opgedoen het.