Hofuitdagings kniehalter groot tenders
Die Sentrale Verkrygingsraad word gekniehalter met herhaaldelike regsuitdagings wanneer hy hoë-waarde tenders toeken. Die Tender Bulletin berig dat daar tans 16 van die sake is met sommige wat terugdateer na 2020. Die uitdagings, wat gebring word deur ‘n bieër wat nie die toekenning gekry het nie, vertraag ontwikkelingsprojekte wat spoorlyne, medisyne, voedselhulp, paaie, en koshuis- en hospitaal-etes insluit en kan nie afgehandel word voor alle regsopsies benut is nie. Die raad se hande is in wese afgekap en indien toelaatbaar, word noodverkryging gebruik wat weer sy eie uitdagings bring.