Rory ewenaar Seve se rekord

Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy het die einde van die seisoen se DP World-toer die derde keer gewen. Die Ier het met twee houe voor Denemarke se Rasmus Hojgaard op 15 onder geëindig ná ‘n drie-onder-baansyfer-69 in sy laaste ronde. Die oorwinning bevestig ook die 35-jarige vir die sesde keer in die derde agtereenvolgende seisoen as die Race to Dubai-kampioen. Hy ewenaar die Spanjaard Seve Ballesteros se rekord. McIlroy sê dit is ‘n gepaste einde vir die jaar: