Geblikte leeujag en handel in bene weer in die nuus

Die DA sê hy steun die stappe deur die omgewingminister, Dion George, teen geblikte leeujag en die handel in leeubene in die land. Andrew de Blocq van Scheltinga van die DA sê die teel van leeus bevoordeel die tweelingbedrywe van geblikte leeujag en handeldryf met leeubene. Hy sê beide bedrywe het te doen met ernstige etiese en reguleringskwessies.