Polisie ‘sal steeds zama-zama’s by Stilfontein arresteer’

Die polisie verwelkom die tussentydse hofbevel van die Hooggeregshof in Gauteng vir die beskerming van onwettige mynwerkers wat nog ondergronds is by die Stilfonteinmyn in Noordwes, wat in onbruik is. Die opdrag gee hulle kans om vrywillig uit te kom en verbied die versperring van die skagte. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê hulle statiese operasies duur voort by alle agtergelate mynskagte in die gebied. ‘n Beroep word weer gedoen op alle onwettige mynwerkers om na die oppervlak te kom. Sy sê die bevel keer nie dat die polisie hulle grondwetlike taak uitvoer nie.