Bokke uitoorlê Engeland op Twickenham

Rugby: Die Springbokke het Engeland gisteraand hulle vyfde agtereenvolgende nederlaag toegedien toe hulle die gashere met 29-20 op Twickenham oorrompel het. Die Bokke het vier drieë gedruk – een elk deur die skrumskakel Grant Williams en die vleuel Cheslin Kolbe, wat twee keer oorgeduik het, en een deur die flank Pieter-Steph du Toit. Suid-Afrika was rustyd 19-17 voor. Die Engelse het in die tweede helfte ‘n rukkie die voortou geneem met 20-19, maar die Bokke het hulle kampioenmentaliteit getoon en die wedstryd vasgeknoop. Kolbe is aangewys as die speler van die wedstryd.