Hulptoegang vir Gaza op laagtepunt: VN amptenaar

Gaza se toegang tot hulp is op ‘n laagtepunt, met aflewerings aan dele van die beleërde noorde haas onmoontlik, volgens ‘n VN-humanitêre amptenaar. Die opmerkings is teenstrydig met ‘n Amerikaanse beoordeling vroeër die week dat Israel nie tans humanitêre hulp vir die Gaza-strook belemmer nie. Jens Laerke, woordvoerder van die VN se kantoor vir die koördinering van humanitêre sake, sê alle aanwysers in ’n humanitêre reaksie gaan in die verkeerde rigting. Hy voeg by dat chaos, lyding, wanhoop, dood, vernietiging en verplasing op ‘n hoogtepunt is.