Nog rentekoersverlagings voorspel vir SA
Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, voorsien die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal volgende week en in Januarie rentekoersverlagings aankondig. Van Zyl sê hierdie dalings het ten doel om ekonomiese groei aan te wakker en verbruikers se skuldlas te verlig. Onsekerheid oor die handelsbeleid van die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, kan egter inflasie verhoog en ook die wêreldwye rentekoersverlagingsiklus beëindig. Hy sê die rand het verswak teenoor die dollar, wat kommer wek oor Suid-Afrika se handels- en buitelandse beleidstrategieë.