MotoGP-titelstryd die naweek in Barcelona beslis
Motorsport: Die MotoGP-titel word die naweek in die laaste wedren van die seisoen in Spanje beslis. Die plaaslike renjaer Jorge Martin is bo-aan die punteleer met ‘n voorsprong van 24 punte oor die Italianer Francesco Bagnaia. Bagnaia sê vir hom is dit ‘n geval van nou-of-nooit. Hy sê hy moet nou inhaal omdat hy foute gemaak het, maar glo Martin gaan onder druk wees omdat hy die gunsteling is om die kampioenskap te wen. Die wedren is na Barcelona verskuif na die onlangse verwoestende oorstromings in Valencia.