Twee reusestryde oorheers vandag internasionale rugbytoneel

Rugby: Twee reusekragmetings gaan die internasionale toneel vandag oorheers. Die Springbokke speel teen ‘n Engelse span wat vasberade is om sake reg te stel na nederlae in twee agtereenvolgende Wêreldbekertoernooie teen die viermalige kampioen. Afskop op Twickenham is vanaand twintig-voor-agt. Daarna spring Frankryk en die All Blacks aanmekaar op die Stade de France, waar Nieu-Seeland hoop om Frankryk die eerste keer in ses jaar te klop. Môre gaan Wallis probeer om na tien agtereenvolgende nederlae te wen wanneer hulle in Cardiff teen die Wallabies speel.