Cyril sluit spazawinkels verbind met sterftes

President Cyril Ramaphosa het die land toegespreek oor die dood van minstens 22 skoolkinders weens voedseloordraagbare siektes. Om nog sterftes te voorkom het Ramaphosa aangekondig spazawinkels wat verbind word met die sterfte van skoolkinders sal onmiddellik gesluit word. Ramaphosa het ook opdrag gegee dat gesamentlike operasionele en intelligensiestrukture op ‘n nasionale en provinsiale vlak op die been gebring word om die krisis te hanteer. Hy sê ‘n uiters gevaarlike chemikalie wat gebruik word as ‘n plaagdoder bekend as Terbufos is direk verbind met die dood van ses kinders in Naledi, Soweto.