LWV verduidelik oor bonusse vir plaaswerkers

Die Landbouwerkgewersvereniging deel dat die betaling van jaarlikse bonusse, hoewel nie deur die Arbeidswet voorgeskryf nie, algemeen is in die landbousektor. Volgens die LWV Loonopgawe van 2024 betaal 92% van NLU-lede jaarlikse bonusse, met die “13de tjek” die mees algemene. Hierdie bonus, gelyk aan een maand se salaris, word ná 12 maande diens betaal. As werkers hierdie bonus gereeld ontvang het, kan dit nie eensydig gestop word nie, aangesien dit as ’n ongeskrewe diensvoorwaarde beskou word. Merietebonusse, gebaseer op prestasie of finansiële sukses van die boerdery, word al gewilder en bevorder mede-eienaarskap. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging het meer.

Indien droogte bonusse onmoontlik maak, word eerlike en tydige kommunikasie met werkers aanbeveel.