Demshi, Africa Online gaan veselkonnektiwiteit uitbrei

Demshi Investment Holdings en Africa Online het ‘n meester-diensooreenkoms aangegaan om saam te werk aan die uitbreiding van veselkonnektiwiteit in Namibië. Onder die bepalings van die ooreenkoms sal Africa Online veselinfrastruktuur van Demshi huur om vesel-internetdienste aan sy kliënte te verskaf. Demshi-stigter en besturende direkteur, Werner Shilunga, sê die Demshi-veselnetwerk in Walvisbaai, Swakopmund en Khomasdal in Windhoek dek reeds meer as 15 000 huishoudings. Hy voeg by dat Demshi se veselnetwerk in middel- tot lae-inkomstegebiede gekonsentreer is, en dus maak hierdie ooreenkoms ‘n nuwe, voorheen onbediende mark vir Africa Online oop om hul internetdiens uit te brei.