VN sê daar is volksmoord in Gaza

Die beleid en praktyke van Israel in sy 13-maande oue konflik met Hamas kom ooreen met die kenmerke van volksmoord. Dit is volgens ‘n VN spesiale komiteeverslag. Die Internasionale Geregshof ondersoek op die oomblik ‘n aanklag van Suid-Afrika dat Israel se militêre veldtog in Gaza volksmoord tot gevolg het. Die VN sê daar is ook ernstige kommer dat Israel hongersnood as ‘n wapen in sy oorlog in Gaza gebruik en hy bestuur ‘n apartheidstelsel in die Wes-Bank insluitend in Oos-Jerusalem.