Herroeping van Top Score kitspap is opgehef

Die gesondheidsministerie sê die plaaslike herroeping van Top Score kitspap is opgehef. Die woordvoerder, Walters Kamaya sê handelaars hoef nie die produk wat reeds in hulle besit is, terug te gee nie, behalwe as dit verval het.

Die pap is verwyder van die rakke na drie kinders in die Oos-Kaap dood is maar die sterftes was nie as gevolg van Top Score se kitspap nie.