‘Baba’ draf uit vir Skotland môre

ʼn Negentienjarige oopkantflank kan môre van die bank af sy debuut vir Skotland teen Portugal maak hoewel hy nog nie eens ʼn mededingende wedstryd op senior klubvlak gespeel het nie. Freddy Douglas sal dan die jongste Skotse toetsspeler in 60 jaar word. Afrigter Gregor Townsend het 14 veranderinge aangebring aan die span wat met 32-15 teen Suid-Afrika verloor het. Glasgow-senter, Stafford McDowell, sal die span aanvoer. Die vleuel Darcy Graham is terug in die span nadat hy weens ʼn kopbesering nie teen die Bokke kon speel nie.