So lyk die vooruitsigte vir reën in Desember

Die Namibiese weerdiens sê Oktober 2024 was baie droog, met slegs ‘n paar stasies wat reënval aangemeld het veral in die noord-oostelike deel van die land. Ondergemiddelde reënval is oor die meeste dele van die land waargeneem met talle plekke soos Omaruru, Steinhausen, Gobabis, Gibeon, Ariamsvlei en meer wat 100 afwyking van normale reënval ontvang het. Bogemiddelde reën is vir groot dele van die land, behalwe die verre Suide en suidwestelike dele vir November voorspel word, sê die diens dat Desember ook so sal vertoon met die suide en die uiterste westelike deel van die land wat na verwagting minder as 25mm sal ontvang.  .