Macpherson het genoeg gehad, stel maatreëls bekend
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het streng nuwe maatreëls aangekondig teen wydverspreide vertragings en korrupsie met projekte vir openbare infrastruktuur. Macpherson het in die parlement bekendgemaak 79-persent van die departement se 206 projekte word vertraag, teen ʼn koste van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand. Om dit teen te werk het die minister stappe aangekondig, wat ‘n swartlys vir kontrakteurs insluit, met streng toesig oor prestasie en die skep van ʼn kontrakbestuurseenheid: