IPC gesels oor laaste pogings, planne vir die land

Politieke partye maak gereed vir hul laaste veldtog-byeenkomste voor die verkiesings. Hierdie naweek hou die Independent Patriots for Change hul finale veldtog in die Erongo-streek. Volgens ‘n advertensie van die IPC het dit al hoe moeiliker geword om besigheid te doen in Namibië, wat ‘n afname in werksgeleenthede tot gevolg het. By ‘n onlangse paneelbespreking deur die politieke partye het Christine !Aochamus, die IPC se nasionale sekretaris-generaal, gesê hul oplossing vir werkloosheid is om Namibiërs beter op te lei.