Mia onttrek uit Mej. Heelal

Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, moes haar noodgedwonge aan die Mej. Heelal-kompetisie onttrek weens gesondheidsprobleme. Sy sê dit was uiters moeilik om hierdie besluit te neem want sy weet daar is drome en hoop op haar gevestig. Die Mej. Suid-Afrika Organisasie sê Le Roux het deur hierdie moeilike tydperk ongelooflike moed en grasie aan die dag gelê en haar gesondheid en welstand is die hoogste prioriteit. Mej. Heelal word Saterdag in Mexikostad gehou.