Aussies se Brett is hoof van Wêreldrugby

Australiese rugby staan dalk voor verskeie uitdagings maar hulle eie Brett Robinson is tot voorsitter van Wêreldrugby verkies. Die 54-jarige voormalige toetsflank en chirurg wat ʼn sakeman en sportadministrateur geword het, is die eerste permanente voorsitter van die globale beheerliggaam van buite Europa. Robinson was nege jaar lank op die raad van Rugby Australië en het ook terselfdertyd op die uitvoerende raad van Wêreldrugby gedien. Hy streef na vernuwing en sal in beheer wees van die Nasieskampioenskap wanneer dit uiteindelik in 2026 afskop.