Kom weg van daardie rekenaar- en foonskerm 

Meer tyd wat voor rekenaar- en foonskerms bestee word vererger gesondheidskwessies selfs onder gesonde mense. Jong volwassenes wat baie tyd voor skerms spandeer ervaar byvoorbeeld erger simptome van droë oë. Langdurige blootstelling aan skerms oor ‘n paar uur per dag, verhoog die risiko van migraine-agtige hoofpyne en ander sensoriese simptome. Algemene hoofpynklagtes is ook meer algemeen onder mense wat vir langer as drie uur per dag televisie kyk of video- of rekenaarspeletjies speel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Shaun Whittaker, ‘n sielkundige, wat sy mening gee.