Groot salarisverhoging by Beifang kom met waarskuwing
Die Revolutionary Union verwelkom die onlangse salarisverhoging van 2 000 Namibiese dollar per maand vir meer as 600 werknemers by BeifangMiningTechnologies Services. Volgens die vakbond is die verhoging ‘n direkte gevolg van hul onvermoeide stryd vir billike behandeling vir alle lede, ná jare se onbillike vergoeding deur Beifang. Die vakbond waarsku lede dat hierdie stap ‘n poging kan wees om sy eenheid en veerkragtigheid te verswak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julius Natangwe, die Revolusionêre Unie se sekretaris-generaal, wat uitbrei.