Niger soek Russiese beleggings in uraan, ander hulpbronne

Die minister van Mynbou in Niger, Ousmane Abarchi, wil hê Russiese ondernemings moet belê in die produksie van uraan en ander natuurlike hulpbronne, te midde van ‘n voortgesette dispuut met die gewese koloniale meester, Frankryk. Die Franse kerngroep Orano het verlede maand uraanproduksie in Niger gestaak nadat verhoudings versuur het met die militêre junta wat die mag in Julie 2023 oorgeneem het. Abarchi se uitsprake volg ná verskeie lande in Wes-Afrika onlangs geskiedkundige bande met Frankryk afgeskaal het, en hulle tot Rusland en ander lande gewend het vir strategiese vennootskappe.