Hoër-inkomstelande moet meer vrystellings beperk
Dit is steeds moontlik om aardverwarming tot 1,5 grade Celcius te beperk, maar sekere lande benodig hulp om hul verantwoordelikhede ten opsigte van aardverwarming na te kom. Dié bevinding van ‘n onlangse studie is vervat in Nature Communications. Dit stel ‘n aanwyser voor vir bykomende koolstof-aanspreeklikheid wat sal aandui hoeveel meer koolstofdioksied-vrystellings ‘n land moet beperk om sy teikens te bereik. Die studie vra 18 lande met ‘n hoë of bogemiddelde inkomste, insluitend Amerika en China, om meer te doen om koolstofvrystellings te beperk of die verwydering daarvan te finansier.