Apartheid-polisieman pleit skuldig op 1987 moord


ʼn Gewese polisiebeampte uit die apartheid-era, Johan Marais, het skuldig gepleit aan die moord in 1987 op die studente-aktivis, Caiphus Nyoka. Hy het gister in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn. Marais sê in sy pleitrede dat Nyoka gekant was teen die apartheidsregering en hy is as ʼn gevaar beskou weens sy betrokkenheid by onderwys- en plaaslike politiek. Marais is uit op borgtog van 5 000 Suid-Afrikaanse rand, met sekere voorwaardes. Hierdie is een van die sake wat die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys het.